Pleb en Celeb is op reis.
Onderweg na wie weet waarheen steek hulle ‘n grens oor.
Op aandrang van die grensposbeamptes moet hulle hul tas uitpak.
Doodluiters gee hulle ag: die ikoniese Priester Jan kom te voorskyn, asook die ikoontjie van Jesus en Maria, ‘n digbundel vol Wanpraktyk, Kundera se “Unbearable lightness of being” (wat hulle telkens moet herlees omdat hulle telkens lag en vergeet), en ‘n koffiemasjien wat nie een weet hoe om te gebruik nie – ‘n hele tas vol dwelms haas onidentifiseerbaar vir enige grensposteling.
Met die petalje agter die rug reis hulle onverstoord en sielsgelukkig voort. In en uit die wonderwêreld van die mond.
Pleb & Celeb (3)
Maart 15, 2011 by helenevt