in die woes van donker leegtes
het daar eenmaal gees gesweef
ook droë bene se beweegtes
is so opnuut laat leef
die leeg van my donker woestheid
begryp die gees geensins
dit neig na oorbelaaide abstraktheid
ruimte is daar allermins
dus smag my leë woeste donker
na die lig van skynend sin
wat altyd oral (on)begryplik flonker
dis die woord wat was vanaf die begin