In salm getooi
het hy my genooi
om te kom na die mooi
waarin hy alles tooi
Niksvermoedend daar oorkant
sit lees hy koerant
ekke hier duskant
loer hom af oor die rant
want
Hy dink ek sit en skryf my preek
maar eintlik bepeins ek dit wat steek
in die een wat so elke ander week
net vir ‘n wyle met my kom neuk.