Nou sak die son se oker bloes hier
toe op die drome van klein geheime briewe
asof dit bekend is aan die horison. Summier.
Maar die nagte is gestapelde argiewe
waarin, sonder plek vir verloor of wen,
drome en wonde mekaar lepellĂȘend beken.
Binneland
Augustus 4, 2011 by helenevt